Mentors can change the journey of your life, not just by modelling skills but by…

Wanneer Alleenheid ons Aandryf om te Vlug
In my werk sien ek dikwels hoe mense keuses maak wat hul kop weet is nie goed vir hulle nie – maar hul hart dra swaar. Die sterkste emosie agter daardie swaar? Dikwels eensaamheid.
Alleenheid is moeilik om te dra. Dit maak die stilte hard en die pyn skerp. Om dit te verlig, soek mense dikwels na iets – ‘n impulsiewe reaksie, alkohol, ‘n nuwe verhouding, selfverwonding – enigiets om net nie te voel nie.
Maar daar’s krag daarin om net te sit met ‘n gevoel, al is dit ongemaklik. Soms net vir ‘n paar minute lank. Sonder om weg te beweeg. Sonder om te oordeel.
Dis hier waar ware verandering begin: nie in die vlug nie, maar in die bly.