Oor My
Ek is ’n sielkundige, ’n lewensmaat, ’n ouer, ’n vriend, ’n werknemer, ’n kollega en ’n werkgewer rolle wat my voortdurend leer oor die diepte en kompleksiteit van menslike verbondenheid. Met drie kinders in verskillende lewensfases – van universiteit tot laerskool – het ek ’n diep waardering vir die uitdagings en veranderinge wat gesinslewe, verhoudings en persoonlike groei meebring. Hierdie ervarings vorm steeds my begrip en benadering binne die terapeutiese ruimte.
